. Afrikaans: 'n Foto van 1905 wat 'n ooswaartse uitsig bied oor Kerkplein, Pretoria. Die gietysterfontein, bekend as die Sammy Marks-fontein, is deur die besigheidsman Sammy Marks (1843-1920) uit Ierland ingevoer, en is in 1910 van die plein na die Pretoria-dieretuin verskuif. Marks, 'n gebore Litauer en seun van 'n Joodse kleremaker, het in 1868 na Suid-Afrika gekom. Hy het sy loopbaan begin deur juweliersware en eetgerei te smous, kort waarna hy die gedyende goud-, diamant- en steenkool-ontginningsbedrywe betree het. Reg agter die fontein is die pasvoltooide Tudor Chambers, destyds die groo


. Afrikaans: 'n Foto van 1905 wat 'n ooswaartse uitsig bied oor Kerkplein, Pretoria. Die gietysterfontein, bekend as die Sammy Marks-fontein, is deur die besigheidsman Sammy Marks (1843-1920) uit Ierland ingevoer, en is in 1910 van die plein na die Pretoria-dieretuin verskuif. Marks, 'n gebore Litauer en seun van 'n Joodse kleremaker, het in 1868 na Suid-Afrika gekom. Hy het sy loopbaan begin deur juweliersware en eetgerei te smous, kort waarna hy die gedyende goud-, diamant- en steenkool-ontginningsbedrywe betree het. Reg agter die fontein is die pasvoltooide Tudor Chambers, destyds die grootste kantoorblok in Pretoria, opgerig deur George Heys (1852-1939), 'n ander vooraanstaande Suid-Afrikaanse besigheidsman. Heys was 'n boorling van Durban wat as jong man na Pretoria getrek het. Hy het die poskoets-transportmaatskappy Heys and Gibson gestig wat die Kimberley-Pretoria-roete bedien het, en wat later na vaste eiendom en beleggings uitgebrei het. Die foto behoort aan die Van der Waal-versameling van die Departement Biblioteekdienste van die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. Die Van der Waal-versameling maak deel uit van 'n argief vir Suid-Afrikaanse argitektuur wat deur die argitektuurhistorikus Dr. Gerhard-Mark van der Waal saamgestel is. Русский: На этой фотографии 1905 года показана Церковная площадь в Претории (Южная Африка) с видом на восток. Чугунный фонтан, известный под названием Фонтан Сэмми Маркса, был привезен из Ирландии бизнесменом Сэмми Марксом (1843-1920 гг.), а в 1910 году перемещен с Церковной площади в городской зоопарк. Сын еврейского портного Сэмми Маркс, родом из Литвы, приехал в Южную Африку в 1868 году. Свою карьеру он начал


Size: 2497px × 2002px
Photo credit: © The Picture Art Collection / Alamy / Afripics
License: Licensed
Model Released: No

Keywords: